Skip to main content

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners aan’t kopkrap oor die nuwe gesondheidsregulasies nadat die ramptoestand gisteraand opgehef is.

Daar is min wat regtig verander – maskers dra bly steeds geldig in openbare binnenshuise plekke. Buitelanders kan steeds nie die land maklik binnekom nie en hulptoelaes bly van krag.

Jy kan egter nou vir die eerste keer in meer as twee jaar iemand sonder ‘n masker ‘n drukkie gee – mits dit op ‘n skoolterrein is.

Maskers word nêrens in die buitelug benodig nie – solank jy ten minste een meter van ander mense af is. Daardie eenmeterreël word vir “die skoolomgewing” kwytgeskeld, en nie net vir skoolkinders nie.

Maskers bly gedefinieër as enigiets toepaslik wat die neus en mond bedek en hulle is verpligtend vir enige binnenshuise openbare ruimtes, behalwe vir kinders onder die ouderdom van ses.

Werkgewers word verplig om maskerdra af te dwing.

One Comment

Leave a Reply

error: Content is protected !!