TITEL: Die Rietrotte weet te veel (6)
OUTEUR: Nerine Ahlers
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir ’n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar ’n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agter in ’n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak.
Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle…
Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.
Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.
Sy is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome.
Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.