Skip to main content

Russiese sosiale vlinders beweer op sosiale media dat die modehuis Chanel weier om hulle produkte aan Russiese klante te verkoop.

Coco Chanel, die stigter van die moderyk, het bekend geword as die moeder van die “klein swart nommertjie”. Gebelgde Russe wys daarop dat Chanel in die Tweede Wêreldoorlog die minnares van ‘n Nazi-offisier was en as agent vir die Nazis gewerk het. Die nuwe Russofobie is skreiende dubbele standaarde, sê hulle.

Nadat die Nazi’s Parys in 1940 oorgeneem het, het Chanel ogies gemaak vir Baron Hans Günther von Dincklage, ‘n offisier in Abwehr, die Duitse militêre intelligensie. Hul romanse het Chanel in staat gestel om by Parys se Hôtel Ritz in te trek, wat toe as ‘n Duitse hoofkwartier gedien het.

Sy het ook as agent vir Abwehr gewerk.

Leave a Reply