Skip to main content

‘n Vroulike motoris veg om haar lewe nadat sy Saterdagaand net voor 21:00 ná ‘n moontlike mislukte motorkaping net buite Cullinan (Gauteng) geskiet is.

Emer-G-Med paramedici het die voorval bevestig. Hulle het net ná 21:00 Saterdagaand ‘n ‘n vroulike bestuurder in ‘n kritieke toestand behandel.

‘n Netcare911-helikopter het die vrou na die naaste hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Die voorval word deur die SAPD ondersoek.

Leave a Reply