Die regering het aangekondig dat hy geen planne het om die gebruik van steenkool as deel van die land se energiemengsel te staak nie. Terwyl hy op mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering gereageer het, het adjunkpresident David Mabuza gesê dat die land se energieopwekking gelei word deur die Geïntegreerde Hulpbronplan (IRP) 2019. Dit beteken dat alle brandstofbronne – steenkool, gas en hernubare energiebronne – as ewe lewensvatbaar beskou word, berig allAfrica.
“Daar is geen planne vir die staking van die gebruik van steenkool nie aangesien 99% van Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening van steenkool afkomstig is en 30% van vloeibare brandstof van dieselfde kommoditeit verkry word. Steenkool bly een van ons grootste natuurlike hulpbronne wat sal voortgaan om deel te vorm van ons energiemengsel in terme van die IRP 2019,” het Mabuza gesê.
Na verwagting sal nege steenkoolkragstasies gesluit wees teen 2035. “Dit is onvermydelik omdat hierdie aanlegte hoofsaaklik die einde van hul leeftyd nader en onekonomies, onvoorspelbaar en duur geword het om te bedryf,” het Mabuza gesê.