Skip to main content

Sehlahle Fannie Masemola is Donderdag deur President Cyril Ramaphosa as die nuwe nasionale polisiekommissaris van die land aangekondig nadat Khehla’s Sitole die trekpas gekry het.

“Generaal Masemola was ‘n adjunk-polisiekommissaris met ‘n uitstaande rekord van prestasies en polisiëring regoor Suid-Afrika. Dit sluit in om te help met die de-eskalasie van geweld in KwaZulu-Natal na ons eerste demokratiese verkiesing waar hy gestasioneer was. Generaal Masemola bring ook na hierdie posisie sy ervaring in die drastiese vermindering van transitorooftogte in die tydperk rondom 2016,” het Ramaphosa gesê.

 

Leave a Reply