Skip to main content

Bronkhorstspruit is die afgelope paar dae deur die SAPD as ‘n “misdaad-vrotkol” gemerk, nadat kapingpogings en voertuig-rooftogte fel in die gebied toegeneem het.

Die dorp, wat naby die provinsiale grens van Mpumalanga lê, word gedurig deur misdaad geteister.

Die N4-op- en afrit na Masada word gemerk as ‘n “hotspot” vir kapings, en die polisie waarsku motoriste om uiters waaksaam op hierdie pad te wees.

Die Bronkhorstspruit-polisiewoordvoerder, konstabel Munyadziwa Catherine Ramovha, doen ‘n beroep op misdaadslagoffers om alle voorvalle waardeur hulle geraak word, aan te meld.

Leave a Reply