Die regering finaliseer ‘n voorstel vir die instelling van ‘n 10-jaar bestuurslisensie in Suid-Afrika, sê Fikile Mbalula, die minister van vervoer.
Mbalula het gesê besprekings rondom die voorstel sal na verwagting teen die einde van April 2022 afgehandel wees.
“As deel van ons verbintenisse met verskeie belanghebbendes, is die geldigheidstydperk van bestuurslisensiekaarte voorgestel as een van die opsies wat ons moet oorweeg. Ons het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) opdrag gegee om navorsing te onderneem oor moontlike veranderinge aan die hernuwingstydraamwerke.
“Verskeie lande op die vasteland het hernuwingsperiodes wat wissel van twee tot vyf jaar en ’n aantal ander lande vereis hernuwing op enigiets van ses tot 15 jaar, terwyl ander die bestuurslisensie in hul identiteitskaart geïntegreer het.”