Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vanoggend ʼn waarskuwing uitgereik vir moontlike vloede in die Tshwane-gebied ná die aanhoudende reën die afgelope 24-uur.
Mense word gewaarsku om versigtig te bestuur weens poele water en sinkgate op paaie en om veral laagliggende brûe te vermy.