In hul swakste vertoning nóg gedurende hul briljante Wêreldbeker-toernooi vir vrouekrieket in Nieu-Seeland, gaan die vroue-Proteas terugkeer huistoe met ‘n verpletterde droom om die eerste Suid-Afrikaanse span te wees wat tot die eindstryd deurdring.
Dit sal nou Engeland, wat Suid-Afrika met 137 lopies in die tweede halfeindstryd gekniehalter het, en Australië wees wat op 3 April 2022 teen mekaar sal meeding. Die Proteas het ses vangkanse verbeur, 20 ekstras geboul, wat 16 wydlopers ingesluit het. Dit het ‘n kolf-ineenstorting veroorsaak wat gesorg het dat hulle vir net 157 uitgeboul is.