Skip to main content

1 April 1863

Openbare vervoer in Suid-Afrika het in Mei 1801 in Kaapstad begin, toe ‘n weeklikse koetsdiens vanaf Kaapstad na Simonstad aangekondig is.

Baie jare later, in September 1862, is die ‘Cape Town and Green Point Tramway Company’ gestig, en het op 1 April 1863 begin werk, met ‘n ‘perde-trem’diens wat op spoorstawe vanaf die voet van Adderleystraat en langs Somersetweg na Green Point geloop het.

Sowel enkel- as dubbeldekker perde-trems is gebruik. In 1879 het die Kaapse stadsraad ‘n tweede tremwegmaatskappy, die ‘City Tramways Company Limited’, gemagtig om ‘n soortgelyke perd-aangedrewe diens te bedryf, aanvanklik na Groenpunt en Seepunt, en later na die Tuine en die suidelike voorstede. Later het tremdienste ook in Johannesburg ontstaan, waar die voorstedelike spoorlyn na Boksburg (geopen in 1890) die Randtram genoem is. Tremdienste het ook in Pretoria en Durban ontstaan, maar is almal teen die vroeë 1960’s deur petrol-, diesel- en trolliebusstelsels vervang. In 1985 is ‘n tremdiens weer in Kimberley as ‘n erfenisstelsel ingestel.

Verwysings

Cape Info., Cape Town’s History [aanlyn], Beskikbaar by: capeinfo.com [Besoek: 31 Maart 2014]

Leave a Reply