Skip to main content

Dr Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, verwelkom die vinnige inhegtenisneming eergister van ‘n vlugtelingstatusbepalingsbeampte (RSDO) gebaseer by die Desmond Tutu-vlugtelingontvangssentrum. ‘n RSDO is ‘n beampte wat ‘n wetlike mandaat het om aansoeke van asielsoekers op soek na vlugtelingstatus te bereg.

Die RSDO het na bewering omkoopgeld van R500 geneem om die geldigheid van die asielpermit van ‘n Bangladesj-burger, wie se aansoek om internasionale beskerming by die Vlugtelinge-appèlowerheid van SA (RAASA) geappelleer word, te verleng. Beide is gearresteer.

Terwyl die vlugteling-ontvangskantore gesluit bly, word asielsoekers wie se permitte nie aanlyn verleng kan word nie, na die kantore genooi.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Leave a Reply