Die musieklegende Boet Pretorius is gister deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer vir sy bydrae en liefde vir Afrikaans en Afrikaanse musiek.
Die FAK het gesê: “dit ‘n voorreg is om hierdie toekenning aan Boet Pretorius te kan oorhandig”.
Boet Pretorius (84), of Dimpel, soos baie mense hom ken, het diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap. Hy het onder die vaandel van sy platemaatskappy Decibel, wat hy in 1982 gestig het, talle kunstenaars soos Gé Korsten, Rina Hugo, Anneli van Rooyen, Carike Keuzenkamp, Sias Reinecke en Gert van Tonder se musiek vervaardig en van hulle huishoudelike name gemaak.
Oom Boet het gesê “dit is ’n groot eer wat hom te beurt val”.
“My hele lewe lank het ek nog nooit musiek gedoen om te dink daar gaan toekennings wees of enigiets nie. Ek het musiek gemaak omdat dit ’n liefde vir my was”.
Dit was baie spesiaal om al die bekendes bymekaar te sien. Oom Boet Pretorius, tannie Yvonne, Lydia Winchester, Sonja Heroldt, Mara van der Bergh, Leonie Bezuidenhout, Gert van Tonder en nog baie ander bekende gesigte het bymekaar gekom vir die geleentheid.