Skip to main content

Die Departement van Binnelandse Sake en die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) het saamgewerk om 49 vlugtelinge uit die DR Kongo te help om na hul tuisland terug te keer.

Die Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het die vrywillige repatriasie verwelkom en gesê: “Progressiewe vennootskappe sal ons help om sommige van die uitdagings op te los rondom die internasionale beskerming wat aan kwesbare mense gebied word. Die vrywillige repatriasieproses is ook ‘n voorbeeld van hoe persoonlike omstandighede van kwesbare mense kan verander in so ‘n mate dat hulle na hul tuislande kan terugkeer wanneer die toestande dit toelaat.”

Die vlugtelinge keer terug na die hoofstad Kinshasa en die stad Lubumbashi, in die suidooste van die land, gebiede wat as veilig beskou word vir vlugtelinge om daarheen terug te keer. UNHCR verwag om in 2022 tot 400 vlugtelinge uit Suid-Afrika te repatrieer, teenoor die 275 in 2021.

“Ons glo dat met tyd, en ’n gunstige omgewing wat deur alle belanghebbendes geskep moet word, hierdie getalle eksponensieel sal toeneem,” het Motsoaledi gesê.

Leave a Reply