Skip to main content

TITEL: Die hart het sy redes

OUTEUR: Helena Gunter

Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en ’n menselewe rig. Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld. Of dit liefde vir die omgewing, ’n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde ’n pad wat sy meelopers by ’n tuiste bring, soms met ’n traan, meesal met ’n lag, maar altyd met nuwe insig.

  • Helena Gunter het op ’n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank ’n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op ’n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “’n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”. Gunter se treffende kortprosa Tweespoor het in 2018 verskyn, is tot drama verwerk en in 2020 vir vier Woordfeestrofees benoem.

Leave a Reply