In ‘n tender wat verlede maand vrygestel is deur die Sentrale Energiefonds (SEF) blyk dit dat hul op soek is na ‘n gasagregator om te help om vloeibare aardgas (LNG) te bekom. Dit sal aangewend word in verskeie gas-tot-krag-projekte wat vir Coega in die Oos-Kaap beplan word.
‘n Gasaggregator is ‘n groothandelaar wat vloeibare gas (LNG) invoer en dit aan kleiner klante verkoop, berig AmaBhungane.
Dié tender is potensieel winsgewend en dui op ‘multimiljardrand-kontrakte’ vir die meer as 75 miljoen MMBTU, (Metric Million British Thermal Unit) die algemene maateenheid vir aardgas,benodig per jaar.
Volgens berigte oorweeg SOCAR, die staatsbeheerde oliemaatskappy van Azerbeidjan, en Gazprombank, wat deur Rusland se staatsbeheerde aardgasverskaffer Gazprom besit word, die bod. Shell, het bevestig dat hy nie sal deelneem nie.
1MMBTU het voor die Oekraïne inval sowat $26 gekos, maar dit verhandel nou teen ‘n rekord $52.