Skip to main content

Drie verdagtes is vanoggend in die Sinoville area (Pretoria) gearresteer vir die besit van motordiefstaltoerusting en die Wet op Oortreding van elektroniese kommunikasie.

Lede van die Sinoville SAPD was besig met voertuigpatrollies toe ‘n verdagte VW Polo opgemerk is wat in die woonbuurte rondgery het.

Die voertuig, met drie insittendes, is gestop en is deur die polisiebeamptes ondervra. Die persone kon nie behoorlike verduidelikings gee oor waarom hulle in die area rondbeweeg nie.

Die lede het die voertuig deursoek en nommerplate sowel as elektroniese items gevind.

Die beamptes het besef die verdagtes het elektroniese sein ‘jammers’ in hul besit, aangesien die polisieradio sowel as hul selfone geen opvangs gehad het nie.

Die verdagtes is onmiddelik gearresteer en aangekla vir die besit van motordiefstaltoerusting en oortreding van die elektroniese kommunikasiewet.

Die ondersoek sal voortgaan om vas te stel of die verdagtes met ander verwante sake in die area verbind kan word.

Kolonel Roberts van die Sinoville SAPD doen ‘n beroep op die gemeenskap om van die SAPD toepassing gebruik te maak of hul kan die misdaad-stopnommer by 0860010111 kontak om misdaad anoniem aan te meld.

Leave a Reply