Skip to main content

Die departement het Donderdag in ‘n verklaring gesê die bottelnek wat tussen November 2021 en Januarie 2022 ervaar is, sal teen April opgeklaar wees.

Bestuurders wat tussen 25 Februarie en 31 Maart om hernuwing aansoek gedoen het, se aansoeke sal vir ‘n verdere drie maande geldig wees, maar met streng voorwaardes.

Die hernuwingsagterstand wat as gevolg van die Covid-19 pandemie grasietydperk ervaar is, sal teen September uitgesorteer wees.

Die volgende regulasie sal intussen geld: motoriste wat voor 31 Maart aansoek doen om hul bestuurslisensiekaarte te hernu, se bestuurslisensies sal vir ‘n verdere drie maande geldig wees op voorwaarde dat hulle in besit is van hul ou bestuurslisensiekaarte. Hulle moet ook bewys hê van gelde wat betaal is vir die aansoek om hernuwing in die vorm van ‘n kwitansie.

Die departement sê: “Die regulasie is ook van toepassing op diegene wat sedert 25 Februarie en voor die einde van die grasietydperk van 31 Maart aansoek gedoen het om hul bestuurslisensiekaarte te hernu.

“As jy ná die vervaldatum aansoek doen, neem asseblief kennis dat daar van jou vereis sal word om aansoek te doen vir ’n tydelike rybewys,” het die departement gesê.

Leave a Reply