Nadat DA-LP’s vrae aan kabinetsministers oor hul amptelike voertuie gestel het, was die parlementêre antwoorde dat kabinetsministers meer as R20 miljoen aan splinternuwe luukse voertuie sedert 2019 bestee het.
Volgens die Ministeriële Handboek word elke Minister en Adjunk toegelaat om ‘n luukse motor te hê vir gebruik in Pretoria en Kaapstad. Hierdie motors word deur belastingbetalers betaal.
Die DA het onthul dat daar 24 nuwe voertuie met ‘n gemiddelde koste van R789 736 elk vir ministers en adjunkministers sedert 2019 gekoop is.
Die eienaars van die nuwe spoggerige motors:
Fikile Mbalula
Joe Phaahla
Khumbudzo Ntshavheni
Maite Nkoane-Mashabe
Mmaloko Kubayi-Ngubane
Nkosazana Dlaini-Zuma
Pravin Gordhan
Tito Mboweni
Onder die voertuie was Audi S8 supermotors, ‘n Volvo XC60 van Nkosazana Dlamini-Zuma wat die duurste was teen ‘n koste van R906 699, Audi A6’e en Mercedes-Benz C180’s.
Petrol en instandhouding se rekening vir hierdie voertuie beloop meer as R1 miljoen gedurende hierdie tydperk.