Al ontken Khehla Sitole, die polisiekommissaris, en Bheki Cele, die minister van polisie, dat hulle haaks is, blyk dit dat hulle wel arms druk agter die gordyne.
Sitole moet sy kantoor eerskomende Donderdag verlaat nadat hy deur Cyril Ramaphosa afgedank is, maar hy wil nog een laaste keer wys dat hy massiewe bevele kan uitdeel wat Cele dwars in die krop sal steek.
Luidens berigte wil hy hê dat al die polisiemag se top-ranghouers én dié wat gewone range bekleë weer aansoek moet doen vir hul werk.