Skip to main content

‘n Maatskappy wat plastiese sakke aan kleinhandelaars verskaf, het na bewering versuim om ‘miljoene’ se belasting op plastieksakke aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor te betaal.

‘n Fluitjieblaser het die SAID in kennis gestel dat die maatskappy die stelsel manipuleer deur byna R10 miljoen per maand wat aan die SAID betaal moes word ‘van bo af skep’.

Volgens ‘n berig in die Sunday Times is daar kommer dat honderde miljoene rande se uitstaande omgewingsbelasting moontlik verskuldig is aan die SAID deur soortgelyke maatskappye.

‘n Plastieksakheffing is teen 3 sent per sak in Junie 2004 ingestel. Dit staan tans op 25 sent per sak, en die doel was om rommelstrooiing te probeer verminder. In die nuwe begroting vanaf 1 April 2022 sal die plastiese sakke 28 sent elk kos.

Meeste kleinhandelaars beoog om plastiese sakke heeltemal uit te skakel.

Leave a Reply