Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het vanoggend ‘n dringende interdik toegestaan wat ‘n optog wat deur die Economic Freedom Fighters (EFF) gereël is, onwettig verklaar het.
Die hooggeregshof het in die Stad se guns beslis en saamgestem met die stadsraad se siening dat politieke partye nie toegelaat mag word om hul eie agendas te dryf deur hulself as vakbondverteenwoordigers namens voormalige werknemers voor te doen nie.
Die hooggeregshof het die volgende beslis:
– Die EFF se optog word as onwettig beskou.
– Die EFF moet onmiddellik die optog staak en word verbied om enige Stadseiendom te beskadig of te vernietig.
– Die EFF word aanspreeklik gehou vir die regskostes aangegaan.
Die City of Tshwane (Pretoria) verwelkom die hofinterdik wat die EFF-optog onwettig verklaar het.