Die hooggeregshof in Pretoria het op 22 Maart 2022 ’n dringende interdik aan AfriForum toegestaan teen die departement van internasionale sake en samewerking (DIRCO) se besluit om R50 miljoen aan Kuba te skenk as ’n welwillendheidsgebaar.
AfriForum het die skenking verkwistende uitgawes van die belastingbetalers se geld genoem. DIRCO het onder skoot gekom vir die groot skenking, gegewe Suid-Afrika se eie stryd met werkloosheid en armoede.
Haar departement sal die aangeleentheid in April 2022 weer hof toe neem, het minister Naledi Pandor gesê.