Caster Semenya, die voormalige 2-keer Olimpiese 800m-kampioen, is aan’t terugkeer en het gisteraand die baan in die Kaapstad-stadion aan die brand gehardloop met ‘n persoonlike beste tyd van 8 min 54.97 in die 3 000 m-item.
Semenya, wat byna 10 sekondes van haar beste tyd van 9:04.20 afgesny het, bou voort aan haar 5 000m-doelwit – ‘n byeenkoms waaraan sy later vanjaar by die Wêreldkampioenskappe in Eugene, Oregon, sal deelneem. Die kampioen het gesê sy is egter vir nou meer gefokus op die Afrika-kampioenskappe wat in Junie 2022 sal plaasvind.