Skip to main content

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, eis dat president Cyril Ramaphosa sy voorneme om haar te skors, terugtrek. Volgens haar is die kennisgewing onwettig, ongrondwetlik en is hy nie wetlik geregtig om haar te skors nie.

Sy gebruik ‘n botsing van belange, weens haar voortgesette en vorige ondersoeke van die president se beweerde oortreding, as verweer hiervoor.

Ramaphosa het tot gister 16:00 gehad om hierop te reageer.

Mkhwebane is deur Ramaphosa gevra om redes te verskaf oor hoekom sy nie ingevolge artikel 194(3) van die grondwet geskors moet word nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!