Skip to main content

Die Willowbrook Square-winkelsentrum in Delmas het eergisteroggend tussen 01:00 en 03:00 onder kriminele deurgeloop.

Die rowers het na bewering toegang tot die winkelsentrum verkry deur die wagte vas te bind voordat hulle die tellermasjiene by Nedbank oopgesny en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug het.

In dieselfde tyd het NTT Toyota in Delmas ook onder boewe deurgeloop. Kluise is oopgesny en rekenaartoerusting is gesteel. Die rowers het daarna met vier nuwe voertuie wat op die perseel was, gevlug.

Twee van die voertuie is reeds teruggevind en drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Die saak word verder deur die polisie ondersoek.

Leave a Reply