Skip to main content

Volgens die Padagentskap van Limpopo sal dit 115 jaar neem om die grondpaaie te teer as dit teen die huidige koers van befondsing bereken word.

“Rowwe ramings toon dat die Padagentskap van Limpopo (RAL) altesaam R138 miljard benodig om alle grondpaaie in die provinsie op te gradeer. Op die huidige befondsingsvlak vir padopgraderings sal dit ongeveer 115 jaar neem om die huidige agterstand in te haal,” sê die Padagentskap van Limpopo in sy Maart 2021-prestasieplan.

Die provinsiale regering besluit watter paaie eerste geteer word, berig die agentskap.

RAL, die provinsiale staatsbeheerde agentskap wat met die beplanning, ontwerp, konstruksie, bestuur, beheer en instandhouding van provinsiale paaie getaak is, sê egter hy het vir teer 3 793 km van die provinsie se 13 828 km grondpad geprioritiseer, berig GroundUp. Dit beslaan net 27% van die provinsie se grondpaaie en sal R37 miljard kos.

Die padopgraderingsbegroting vir die 2022/23 en 2023/2024 is slegs R1,27 miljard, ver van die R37 miljard wat nodig is.

Slegs 31% (6 263 km) van Limpopo se paaie is tans geteer.

Leave a Reply