Skip to main content

‘Walkie-talkies’ oftewel hoenderpote, koppe, nekke en ingewande, is nou op sekere winkelrakke in blikke, wat hoendernekke en -pote bevat, beskikbaar.

Hierdie geniale idee, volgens Business Insider, is deur die 26-jarige Eiren Drake, en sy oorlede oupa Spencer Drake, uitgedink voordat hulle in 2017 ‘n inmaakaanleg in Tzaneen gebou het.

“As ‘n seun het ek baie tyd saam met my oorlede oupa se werknemers, wie se kinders my vriende en speelmaats was, deurgebring,” het Eiren gesê.

Dit is gedurende daardie tyd wat hy geleer het wat presies ‘walkie-talkies’ was en hoe dit gesmaak het. Dit is steeds vandag een van sy gunsteling maaltye.

Die geblikte ‘lekkerny’ was eers net op sy eie webblaaie te koop, maar is sedert Januarie in sekere winkels in die Oos-Kaap en Wes-Kaap onder die Tin Stuf etiket te koop.

Leave a Reply