Skip to main content

‘n Twee weke lange soektog het geëindig toe sekuriteitspersoneel verlede week daarin geslaag het om ‘n vermiste baba by ‘n huis in ‘n Durbanse voorstad op te spoor. Daar word beweer dat die baba ontvoer en aan ‘n egpaar, wat nie hul eie kinders kon hê nie, verkoop is.

Die babameisie (14 maande), is na bewering deur haar oom uit haar huis geneem en aan die kinderlose egpaar verkoop.

‘n RUSA-woordvoerder, Prem Balram, sê reaksiebeamptes wat aan die saak gewerk het, het leidrade tussen Verulam en die Suidkus opgevolg. Die baba is uiteindelik by ‘n egpaar opgespoor wat in Reservoir Hills woon.

“Die egpaar is nie verwant aan die kind nie en is onbekend aan die familie,” sê hy.

Balram sê die egpaar het vir hulle vertel hoe hulle die baba se oom genader en gevra het dat sy aan hulle ‘gegee’ word, aangesien hulle nie hul eie kinders kon hê nie.

“Hulle het nie bevestig hoeveel vir die kind betaal is nie,” sê Balram.

Leave a Reply