24 Maart 1855
Die Suid-Afrikaanse skrywer Olive Emilie Albertina Schreiner is gebore. Haar ouers was Gottlob en Rebecca (Rebekah) Schreiner.
Tydens haar jeug het sy in Cradock in die Oos-Kaap gewoon.
Sy sterf in Wynberg, Kaapstad, op 10 Desember 1920.
Die departement van toerisme in die Oos-Kaap het ‘n huis in ‘n museum omskep en dit na haar vernoem. Van haar werke sluit in: The Story of an African Farm, waarop haar roem hoofsaaklik rus. Die eerste uitgawe is onder die skuilnaam Ralph Iron gepubliseer.
Verwysings
SA Plekke,(2014), “Die Schreiner Huis”, Van: SA Plekke,[Aanlyn] Beskikbaar by:www.places.co.za,[Besoek 11 Maart 2014].|Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad: NASOU.