Suid-Afrika het glo sedert 2014 byna R360 miljoen bestee aan die opleiding van militêre lede in Kuba. Dit sluit opleiding in vir tegniese studies, lugmagvlieëniers, sielkunde, lugverkeerbeheer, strategiese verdediging en ingenieurswese.
Dié skriftelike antwoorde volg op vrae wat deur die DA-LP, Sarel Marais, aan Thandi Modise, die Minister van Verdediging en Militêre Veterane, gestel is.
Boonop moes alle ‘studente’ ook eers Spaans leer voordat hulle die kursusse kon aanpak.
Die genoemde kursusgelde sluit ook nie retoervlugte in nie.