Skip to main content

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Dinsdag ‘n pa tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy driejarige seun in Oktober verlede jaar.

Gift Hendrick Stander (25) is skuldig bevind nadat hy nadat hy sy seun verwurg het, die kind in ‘n plastieksak toegedraai en sy lewelose liggaam onder die bed versteek het.

Volgens getuienis voor die hof het Stander op Vrydag 15 Oktober 2021 by sy eks-meisie se huis opgedaag om sy kind, wat by hom sou gaan kuier het vir die naweek, af te haal.

Toe die pa versuim het om die kind die opvolgende Sondag terug te bring, het die kind se ma begin bekommerd raak en familielede gevra om haar te vergesel om haar kind te gaan haal. Die jong ma het die grusame ontdekking gemaak toe sy haar seuntjie se liggaam, toegedraai in ‘n plastieksak, onder ‘n bed gevind het.

Die polisie by Bloemspruit is na die perseel ontbied, en die beskuldigde is op die toneel gearresteer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!