21 Maart 1990
Namibië kry onafhanklikheid
Namibië, of Suidwes-Afrika, soos dit genoem is terwyl dit ‘n Duitse gebied was, is ná die Eerste Wêreldoorlog deur die Volkebond onder die Suid-Afrikaanse administrasie geplaas.
Toe die Verenigde Nasies na die Tweede Wêreldoorlog tot stand gekom het, het die Suid-Afrikaanse Eerste Minister, Generaal Smuts, gepleit vir die inlywing van Suidwes-Afrika by Suid-Afrika as een van sy provinsies. Die versoek is deur die VN van die hand gewys, maar dinge het in 1948 verander toe die Nasionale Party aan bewind gekom het. Die NP het die besluit uitgedaag en geweier om kwartaallikse verslae oor Namibië te stuur. Boonop is die apartheidsbeleide wat in Suid-Afrika geïmplementeer is na Namibië uitgebrei.
Daar was baie menseregteskendings wat deur soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) plaasgevind het. Een so ‘n voorval was die Kassinga-slagting, ‘n Namibiese vlugtelingkamp in Angola op 4 Mei 1978. Die regeringstelsel in Suid-Afrika het gelei tot die stigting van die Suidwes-Afrikaanse Volksorganisasie (SWAPO) onder leiding van Andimba Toivo ja Toivo. In die 1960’s is Toivo ja Toivo en ander gearresteer vir uittarting teen die Suid-Afrikaanse regering, en later na Robbeneiland gestuur. In 1988 het die Suid-Afrikaanse regering, onder ‘n VN-bemiddelde vredesinisiatief, uiteindelik ingestem om beheer oor Namibië prys te gee. En op 21 Maart 1990 het Namibië sy onafhanklikheid gekry.
Verwysings
Erichsen W. Casper, Namibian History, van Namibian.org, [aanlyn], Beskikbaar by: www.namibian.org [Besoek:18 Maart 2014]