Die Italiaanse energiereus Eni en Royal Dutch Shell het albei force majeure verklaar op olievloei uit Nigerië. Dit dreig om voorrade te ontwrig in ‘n reeds onstabiele mark nadat Rusland Oekraïne binnegeval het.
Force majeure is ‘n wetlike stap wat maatskappye toelaat om nie kontraktuele verpligtinge na te kom om redes wat buite hul beheer is nie.
Shell se maatreëls is sedert voeg Maart in plek wat sy Bonny-uitvoerprogram betref, en Eni is betrokke by Brass ru-vragte en hul maatreëls is in plek gesit na ‘n pypleidingontploffing in die Bayelsa-staat in Nigerië.
Hierdie skuif het chaos in Nigerië veroorsaak. Duisende Nigeriese reisigers is by lughawens regoor die land gestrand gelaat weens ‘n groot brandstoftekort en motoriste moes van openbare vervoer begin gebruik maak nà ‘n fel styging in petrol- en dieselpryse.
Nigerië, Afrika se grootste olieprodusent en -uitvoerder, word gedwing om feitlik geheel en al van brandstofinvoer afhanklik te wees weens sy onvermoë om die meeste van sy olie te raffineer vir tuisgebruik.