Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige uitvoerende hoof, word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ‘gejag’ om die R2,4 miljoen se “dankiesê”-geld wat hy aan plaaslike musiekkunstenaars oorbetaal het vir hul ondersteuning, van hom terug te verhaal.
Volgens Motsoeneng is die optrede ‘n politieke foefie deur diegene wat sy naam wil beswadder.
“As hulle nie my naam beswadder nie, gaan ek as een van die leiers van Suid-Afrika na vore tree. Mense is baie bang vir my,” het hy gesê.