Skip to main content

Puin is al wat oor is van heelwat Metrorail-stasies in Ekurhuleni en Johannesburg.

Nadat PRASA eenvoudig opgehou het om ‘n oog oor die stasies te hou, het baie van hulle agteruitgegaan. Mettertyd het vandale oorhoofse kabels, metaal en bruikbare boumateriaal stuk-stuk weggedra totdat net doppe hiervan oorgebly het.

Die PRASA-woordvoerder, Andiswa Makanda, het gesê dat PRASA “‘n gefaseerde benadering gevolg” het met betrekking tot opknappings van spoorlyne stasies. Volgens Makanda is sewe spoorlyne in Gauteng vir dringende herstelwerk geïdentifiseer, en die beraamde opgradering en herstelkostes vir Jeppe-stasie is R9 miljoen, Katlehong-stasie s’n R20 miljoen en Kliptown se herstelwerk sal R21 miljoen kos.

Makanda kon nie ‘n datum verskaf vir wanneer hierdie dienste sal begin nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!