Skip to main content

ISAAC CLOETE

Die Valke het onlangs ‘n buitelandse burger vasgetrek oor beweerde onwettige diamanttransaksies.

Tydens ‘n soek en skoonmaak- en beslagleggingsoperasie Maandag het die Valke en die Springbok Openbare Orde polisie ‘n 51jarige man op Port Nolloth in die Noord-Kaap vasgetrek. Hy is ‘n Angolees-gebore man met ‘n SA paspoort, was later vasgestel.

Volgens die Valke se woordvoerder,  Nomthandazo Mnisi, was Paul Sergio Martino Bernando, gearresteer vir die onwettige besit van ongeslypte diamante en die onwettige handeldryf hierin.

Die polisie het tydens die operasie op drie diamantligte, vyf diamantskale, twee sakrekenaars, ‘n diamantlus, diamantgeklassifiseerde siwwe en ‘n diamantskooptoetser beslag gelê.

Daar word vermoed dat Bernando al in verskeie diamanttransaksies, ter waarde van R144 000 betrokke was.

Hy het reeds Dinsdag in die hof op Port Nolloth verskyn. Hy is uit op borgtog van R30 000 . Sy volgende hofverskyning is op 13 Junie, volgens Mnisi.

Intussen het kapt Paul Swartbooi van die Nama’s, gesê dat die polisie nie die mense eers moet uitlok en hulle dan daarna arresteer nie.

“Dis verkeerd, maar dit is ook ‘n misdaad om onwettig diamante te verkoop. Ons mense in veral die Richtersveld soek egter ‘n beter lewe en benodig permitte om by diamante betrokke te wees. Hoekom is die regering so swak en langdradig om die permitte uit te reik?”

Die Valke se provinsiale hoof in die Noord-Kaap, gen-maj Kholekile Galawe, het die polisie vir hulle goeie werk geloof.

2 Comments

Leave a Reply