Skip to main content

’n 60-jarige man is by Masoyi deur die polisie in hegtenis geneem in verband met die voorval waarin ANC-kantore gister aan die brand gesteek is.

Na bewering het die verdagte vroeg die oggend na die kantore van die ANC gegaan en beweer dat daar nie aan sy klagtes aandag gegee is nie en dat hy met die skakelbeampte wou praat. Ongelukkig was die skakelbeampte nie op daardie stadium beskikbaar nie. Toe raak hy woedend en haal glo ‘n 2-liter bottel vol petrol uit ‘n sak. Hy het toe begin om petrol oor die werknemers wat teenwoordig was sowel as oral in die kantore te gooi, dit aan die brand gesteek en toe weggestap.

Die owerhede is oor die voorval in kennis gestel en die brand is geblus. Drie kantore is glo deur die brand beskadig, maar niemand is in hierdie spesifieke voorval beseer nie.

Die geraamde skade is in hierdie stadium onbekend.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Leave a Reply