Simphiwe Samuel Radebe (27) het 16 Maart 2022 in die landdroshof in Pretoria verskyn na sy inhegtenisneming deur lede van die Valke se Ernstige Korrupsie-Ondersoekeenheid.
Tussen 2017 en 2018 het die Ba-Phalaborwa Munisipaliteit kwotasies vir verblyf by verskillende hotelle aangevra. Die munisipaliteit was geskok toe die betrokke partye rekeninge van R80 000-00 begin eis vir dienste gelewer. Volgens hul rekords is die rekeninge reeds vereffen.
Die saak is by die Valke aangemeld en ondersoek is ingestel. Tydens die ondersoek is ontdek dat die munisipaliteit voorsien is van die kwotasies met vals bankbesonderhede. Ná ’n deeglike ondersoek is Radebe op 15 Maart 2022 by sy werkplek in Pretoria in hegtenis geneem.
Die beskuldigde sal tot 23 Maart 2022 in aanhouding bly. Die saak is na die Polokwane Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof oorgeplaas.
Die soektog na sy vermeende makkers duur voort.
Ek is deur Forever Diamonds and Gold aan julle voorgestel. Baie sterkte met die Waarheid in ń korrupte wêreld en mag ons altyd die WAARHEID hoor. Ek is gatvol vir fopnuus!