Skip to main content

Oscar Mashiloane (44) is Vrydag uiteindelik in die Hooggeregshof in Polokwane gevonnis vir Hannes Prinsloo (84) se moord in Januarie 2009.

Mashiloane is lewenslank en ’n verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede en vier jaar tronkstraf vir huisbraak met die opset om te roof.

Mashiloane het Hannes Prinsloo, ‘n afgetrede boer en sakeman, in Januarie 2009 op ʼn plaas in die Kalkbult-distrik naby Settlers in Limpopo vermoor. Mashiloane het Prinsloo met ‘n das verwurg en hom daarna van sy selfone en kontant beroof.

Mashiloane is op 26 Augustus 2020 deur speurders van die Bosveld-misdaadondersoeke (BMO), Bela-Bela-speurdiens en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Mamelodi, Oos van Pretoria, in hegtenis geneem amper 12 jaar ná die moord op Prinsloo.

Mashiloane is met die moord verbind nadat sy vingerafdrukke op die toneel gevind is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!