Skip to main content

Systems Applications Products (SAP), ‘n multinasionale sagtewaremaatskappy, is op 14 Maart beveel om R413 miljoen aan die departement van water en sanitasie (DWS) terug te betaal.

Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) twee sagtewarelisensie- en ondersteuningsooreenkomskontrakte ter waarde van meer as R1 miljard, wat tussen SAP en DWS gesluit is, ongeldig verklaar het en dit tersyde gestel is.

“Die Spesiale Tribunaal-bevel volg op ‘n intensiewe ondersoek wat aan die lig gebring het dat die departement sagtewarelisensie- en ondersteuningsooreenkomste tussen 2015 en 2016 onreëlmatig met SAP gesluit het,” lui ‘n gesamentlike verklaring wat Woensdag deur die DWS en SOE uitgereik is.

“Die SOE het DWS en SAP gekonfronteer met bewyse van oortreding en die SOE het die kontrakte ongeldig en onwettig verklaar. Die ooreenkoms is in die bevel van die Spesiale Tribunaal gemaak.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!