Comair se skorsing om vlugte te onderneem is laat gisteraand met onmiddelike effek gewysig en hulle sal vandag reeds weer passasiers kan rondvlieg.
Dit volg na verskeie noodvergaderings tussen die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (Sacaa) en Comair, wat British Airways en Kulula bestuur, nadat Comair se lugoperateursertifikaat verlede naweek opgeskort is na verskeie onlangse veiligheidsvoorvalle.