Die Philadelphia Insectarium and Butterfly Pavilion is verstom oor die diefstal van sowat 7 000 geleedpotiges en insekte uit hul ‘museum’ in Februarie. Die vermoede bestaan dat dit een van die werknemers is wat die bisarre rooftog uitgevoer het.
“Die gesteelde diere sluit insekte en geleedpotiges in wat in skoolprogramme, uitstallings regdeur die museum en agter die skerms in grootmaak- en voerprogramme gebruik word,” het die IBP-span 29 Augustus op hul GoFundMe-bladsy gesê.
Die waarde van die insekte is ongeveer R750 000 werd.
Die museumeienaar, John Cambridge, het bevestig dat die saak deur die polisie in Philadelphia ondersoek word. Hy vrees dat sommige van die gesteelde diere en insekte reeds verkoop is.
Al wat vir nou oorbly is kaal rakke.