16 Maart 1561
Gonçalo da Silveira was ‘n Jesuïete Priester wat in Portugal gebore en opgevoed is.
Hy was ‘n sendeling in Indië, wat as provinsiale meerdere vir die Jesuïete opgetree het, voordat hy sy werk in Suider-Afrika begin het. Hy het eers in 1560 by Sofala (Mosambiek) aangekom en na Otongwe naby Kaap Corrientes gereis. Tydens sy verblyf van sewe weke in Kaap Corrientes het hy die Makaranga-hoofman, Gamba, en sowat 450 mense van sy kraal onderrig en gedoop.
Teen die einde van die jaar het hy sy ekspedisie op die Zambezi-rivier na die hoofstad van die Monomotapa begin. Hy het op 26 Desember 1560 in Monomotapa aangekom en daar gebly tot sy dood. Gedurende hierdie tydperk het hy die hoofman en ‘n groot aantal van sy onderdane gedoop. Terselfdertyd het Arabiere in Mosambiek egter begin om die sendeling te belaster – ‘n komplot wat deur een van hul priesters aangehits is.
As gevolg van hierdie laster is da Silveira op 16 Maart 1561 in sy hut doodgewurg, op bevel van die hoofman. Die ekspedisie wat gestuur is om da Silveira te wreek, het nooit hul bestemming bereik nie.
Verwysings
Catholic Online,”Ven. Goncalo da Silveira”,Van: Catholic Online,[Aanlyn],Beskikbaar by: www.catholic.org,[Besoek op: 11 Maart 2014]|Potgieter, D.J. et al. (eds) (1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad: NASOU, v. 7, p. 462.| The Jesuits Online, ‘Dienaar van God (SG), Goncalo da Silveira’, van The Jesuits [aanlyn] Beskikbaar by: www.jesuit.org, [Besoek op 13 Maart 2015]