’n Mediese student, wat verlede jaar skuldig bevind is aan die vervalsing van Covid-19-toetsuitslae, het gister ’n gedeeltelike oorwinning in die hooggeregshof behaal. Appèlregters Christie Liebenberg en Claudia Claasen het ‘n bevel gegee om die vonnis van Mussa Phiri (28) te laat wysig ondanks sy pleidooi om sy vonnis geheel en al opgeskort te kry.
Die hof het beveel dat die vonnis wat deur die Katima Mulilo-landdroshof opgelê is op die aanklag van vervalsing gelyktydig met die vonnis op die aanklag van die lewering van ‘n vervalste dokument uitgevoer moet word. Op 10 Augustus het die laerhof Phiri gevonnis tot een jaar gevangenisstraf op die aanklag van vervalsing en nog ‘n jaar op die verskaffing van ‘n vervalste dokumentaanklag.
Phiri is saam met medestudent Martha Namupala gevonnis nadat hulle albei skuld op die aanklagte erken het. Phiri, wat ‘n sewendejaar mediese student is, is by die Ngoma-grenspos in die Zambezi-streek in hegtenis geneem terwyl hy Namibië probeer verlaat het. Phiri was op pad terug na Zambië om sy studies aan die Cavendish Universiteit in dié land voort te sit ná ’n besoek aan Namibië, berig New Era.