Skip to main content

Dr Mbuyiseni Ndlozi, ‘n Ekonomiese Vryheidsvegters-LP, wil hê dat die advertensiebedryf met R50 miljard beboet moet word ‘vir die voortsetting van rassisme’.
Dìt nadat die Gelykheidshof bevind het dat die TRESemmé advertensie nie rassisties was nie.
Die advertensie vir die haarproduk, wat op die kleinhandelaar Clicks se webwerf was, het ‘Afrika-hare’ as “kroes en dof” bestempel, terwyl wit hare as normaal, “fyn en plat” beskou is. Dit het ‘n oproer veroorsaak wat oproepe vir ‘n boikot van beide die produk en kleinhandelaar ingesluit het.
Ndlozi is van mening dat die boetegeld aan die sukkelende openbare uitsaaier, die SAUK, gegee moet word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!