Skip to main content

Die SAPD Bethelsdorp vra die gemeenskap se hulp om die naasbestaandes van ‘n man wie se liggaam Saterdag 12 Maart in Booysenspark gevind is, op te spoor.

Die polisie het om 08:55 Saterdagoggend op ‘n klagte gereageer van ‘n man wat in die oop veld in Vastrap, Booysenspark gelê het. By verdere ondersoek het hulle ‘n liggaam van ‘n man gevind wat moontlik verbrand was. Die oorledene was geklee met rooi converse tekkies, rooi top, gestreepte blou en wit broek met ‘n swart gordel.

Enigiemand wat kan help om die familie van die persoon op te spoor of dalk die oorledene kan identifiseer of enige inligting met betrekking tot sy dood kan verskaf, word versoek om SAPD Bethelsdorp se Speursersant Thandiswa Nobebe te kontak by 082 442 1633 of Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie of stuur inligting via MYSAPSAPP.

’n Saak van moord word ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!