Skip to main content

TITEL:  Opdrifsel

OUTEUR:  Philip Rademeyer

Wat doen twee ouers ná die verlies van hul enigste kind? Mara en Bernard verloor hul tienerseun Dylan (aan selfdood) en daarmee saam hul idee van familie, van normaal, van “ons.” Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te verstaan en te ondersteun. Hulle het baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is verwyte, woede, hartseer, beskuldigings, en toe deure. Daar is die eerste Kersfees sonder Dylan, die eerste herdenking van sy dood, hul vriende wat nie weet wat om te sê nie.

Opdrifsel is ’n verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind. In 2021 het die toneelstuk die Opwip-Aardklop prys gewen vir beste aanbieding.

Philip Rademeyer is ’n bekroonde dramaturg, regisseur en ontwerper. Sy werk word gereeld by verskeie feeste en teaters regoor Suid-Afrika opgevoer. Hy het ook al vir radio en televisie geskryf en sy filmdebuut gemaak as regisseur van die vollengte film Skemerson (Palama Productions). Plaaslik is sy toneelstukke by die KykNET Fiëstas, die Fleur du Caps, by die Toyota US Woordfees en Aardklop, asook die Nasionale Kunstefees bekroon.

Leave a Reply

error: Content is protected !!