Skip to main content

Die sosiale mediareus Meta Platforms Inc (voorheen bekend as Facebook Inc), en sy filiale, WhatsApp Inc en Facebook South Africa is deur die Mededingingskommissie na die Mededingingstribunaal verwys vir vervolging.

Meta word van misbruik van oorheersing beskuldig.

Die kommissie beweer dat Facebook gedurende Julie 2020 besluit het, en ‘n voortgesette voorneme uitgespreek het, om GovChat en #LetsTalk – ‘n tegnologie-beginonderneming wat die regering en burgers verbind – van die WhatsApp Business Application Programming Interface ( WhatsApp Business API) te verwyder.

Volgens die kommissie is dit in stryd met die Mededingingswet, wat ‘n dominante firma verbied om sy oorheersing te misbruik deur betrokke te raak by uitsluitingsgedrag wat daarop gemik is om mededingers of potensiële mededingers te verhoed om ‘n mark te betree, daaraan deel te neem en uit te brei.

Die kommissie het die tribunaal gevra om ‘n maksimum boete teen Meta Platforms, WhatsApp en Facebook Suid-Afrika op te lê – ‘n bedrag gelykstaande aan 10% van hul gesamentlike omset, berig TimesLive.

 

 

Leave a Reply