Skerp stygings in die prys van brood in Suid-Afrika is op pad, hoofsaaklik weens Rusland se inval in die Oekraïne en die impak op die koringprys.
Die hoër pryse sal egter eers in die middel van die jaar kom.
“Plaaslike brood- en graanpryse sal styg as gevolg van hoër koringpryse… Gewoonlik sien ons ‘n vertragingstydperk van drie maande voordat ons werklik die stygings begin sien,” het Luan van der Walt, ’n ekonoom by Graan SA gesê.
‘n Aantreklike voorstel sal wees, om in grootmaat te koop en te stoor. As dit in ‘n sak verseël word, vries die meeste winkelbrode goed en kan dit vir tot ses maande in die yskas gehou word.
Jannie Strydom, die woordvoerder van Agri Wes-Kaap, het gesê laerinkomstegroepe sal aansienlik geraak word deur stygings in broodpryse en ander stapelvoedsel soos mieliemeel.
“Die prys van mielies word deur wêreldmarkte bepaal, en sou daar ‘n tekort wees, is ‘n styging onvermydelik en kan dit lei tot ‘n styging in stapelvoedselpryse,” het Strydom gesê.
Vir nou kon Pick n Pay, die voedselpryse redelik laag hou.